Wallis Simpson

Wallis Simpson

Gades
Vader Teackle Wallis Warfield
Moeder Alice Montague
Geboortenaam Bessie Wallis Warfield
Gebore (1896-06-19)19 Junie 1896,
Square Cottage, Pennsilvanië, VSA
Oorlede 24 April 1986 (op 89),
Parys, Frankryk

Wallis, die Hertogin van Windsor (gebore Bessie Wallis Warfield; 19 Junie 1896 - 24 April 1986), bekend as Wallis Simpson, was 'n Amerikaanse sosiale vlinder en die vrou van die Hertog van Windsor, die voormalige koning Edward VIII van die Verenigde Koninkryk. Hulle trouplanne en haar status as geskeide vrou het 'n grondwetlike krisis veroorsaak wat tot sy abdikasie gelei het.

Wallis het grootgeword in Baltimore, Maryland. Haar pa is kort ná haar geboorte oorlede, en sy en haar weduwee-moeder is gedeeltelik deur ryker familielede onderhou. Haar eerste huwelik, met die vlootoffisier Win Spencer, is gekenmerk deur tydperke van skeiding, en dit het eindelik in 'n egskeiding geëindig. In 1931, tydens haar tweede huwelik, het sy Edward ontmoet, wat toe die Prins van Wallis was. Vyf jaar later, nadat Edward koning van Brittanje geword het, het Wallis van haar tweede man geskei om met Edward te trou.

Die Hertog en Hertogin van York met vakansie in Joego-Slawië, 1936.

Die koning se begeerte om met 'n vrou te trou wat twee keer geskei is, het tot 'n grondwetlike krisis gelei, en eindelik tot sy abdikasie in Desember 1936 om te trou met "die vrou wat ek liefhet".[1] Ná sy abdikasie is die voormalige koning deur sy broer en opvolger, koning George VI, die Hertog van Windsor gemaak.

Wallis is ses maande later met Edward getroud, waardeur sy amptelik bekend was as die Hertogin van Windsor. Sy is nie toegelaat om, soos haar man, as "Koninklike Hoogheid" aangespreek te word nie.

Voor, gedurende en ná die Tweede Wêreldoorlog het baie mense vermoed die Hertog en Hertogin van York is die Nazi's goedgesind. In 1937 het hulle Duitsland besoek en Adolf Hitler ontmoet. In 1940 is die hertog aangestel as goewerneur van die Bahamas en die egpaar het na die eilande getrek tot met sy uittrede in 1945. In die 1950's en 1960's het die hertog en hertogin tussen Europa en Amerika rondgereis en 'n luilekker lewe geniet.

Ná die hertog se dood in 1972 het die hertogin in afsondering gewoon en is sy selde in die openbaar gesien. Sy is steeds 'n omstrede figuur in die Britse geskiedenis.

  1. Bloch, Michael (1988). The Secret File of the Duke of Windsor. London: Bantam Books. ISBN 978-0-593-01667-1.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search